Nagmaalslied lyrics

by

Juanita du Plessis


Ek staan skuldig voor U Heer
Voor U my Vader wat regeer
Ek is nederig in my hart
En my siel is so verward
En my lewe is vuil voor U troon

O Heer, vergewe my
O Heer, kom maak my vry
Van die sondelas
O kom na my om dit skoon te was
Want ek wil weer vlekkeloos voor U staan

Die wyn en die brood wat ek nou neem
Is 'n teken van U rykdom en U seën
Al die oorvloed binne my kom en borrel in my vry
En die oorsaak is die Gees wat in my bly

O Heer, vergewe my
O Heer, kom maak my vry
Van die sondelas
O kom na my om dit skoon te was
Want ek wil weer vlekkeloos voor U staan
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #
Copyright © 2012 - 2021 BeeLyrics.Net