Wil Wees Soos U lyrics

by

Juanita du Plessis


Laat my in U skadu wandel
Laat my in U spore loop
Laat my sien wat U sien
Laat my hoor wat U hoor
Laat ek meer en meer kan wees soos U

Laat U lig my pad se lamp wees
Breek U waarheid oop in my
Laat my hart U hart voel
U Gees oor my spoel
Dat ek meer en meer kan wees soos U

Mag my hande U hande wees
My woorde U woorde wees
Mag elke een U liefde sien in my
Laat my voete loop waar U wil hê
En vrede in my kom lê
U lig en liefde in my rus
Ek wil wees soos U is

Lê my saggies voor die troon neer
Hou my naby aan U hart
Leer my U stem hoor
Leer my verstaan
Dat ek meer en meer kan wees soos U
Mag my hande U hande wees
My woorde U woorde wees
Mag elke een U liefde sien in my
Laat my voete loop waar U wil hê
En vrede in my kom lê
U lig en liefde in my rus

Hallelujah
Hallelujah
Hallelujah

Ek wil wees soos U
Ek wil wees soos U

Mag my hande U hande wees
My woorde U woorde wees
Mag elke een U liefde sien in my
Laat my voete loop waar U wil hê
En vrede in my kom lê
U lig en liefde in my rus
Ek wil wees soos U is

Ek wil wees soos U is
Ek wil wees soos U is
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z #
Copyright © 2012 - 2021 BeeLyrics.Net